My versies
Home Contents Feedback My Photos I support... Search results

 

Home
Koi Articles
Koi Books
Photo Library
My versies
Genealogie
Klas van 1966
My Writing
Sanae 14
You Don't...

Things you may need...

Look here...

 

 

Books and things...

GPS...

 


DVDs...

 



My hele lewe lank skryf ek al versies. Sommer allerdaagse goed. Geen poging tot rym of ritme nie. Net gedagtes en kommentaar op dinge wanneer dit gebeur en hoe my gestel daarop reageer. 

Digwerk is in elke geval lui mense se skryfvorm** (sien onder). Jy probeer vinnig iets vasvang. Jy neem 'n foto van 'n breinbeeld. 'n Kiekie soos Lucas Maree sou sÍ. Die multidimensionele breeld word vasgevang in die digwoorde op 'n tweedimensionele vlak. Jy benodig niog 'n brein om die woorde tot 'n breinbeeld te verwerk. (Breinbeelde is seker dieselfde as Richard Dawkins se meme. Maar meme verwys meer spesifiek na die oorerflike einskappe van breelde)

Daar is nooit 'n een-tot-een korrelasie van breinbeelde nie, want die ingesteltheid van die ontvanger bepaal hoe duidelik die beeld ingestem word. Amper soos 'n radio wat op die regte frekwensie ingestel moet wees. Maar anders. Want elke brein gebruik sy eie verwysings om die beeld mee op te bou. En elke brein se verwysings is tot stand gebring deur geakkumuleerde omgewings insette. Van geboorte tot nou.

(Die verfynde, opgeblase wesens in blink gange kan nooit in 'n vuilgoedblik kyk met dieselfde oorgawe en insig as die boemelaar. Al wil hul ook, en al gee hul mekaar mooi pryse vir probeer. Die boemelaar was nie beoordeelaar.)

So, as jy dalk reg ge-tune is tot my frekwensie,  het jy dalk 'n kans om plesier hieruit te put. 

My dig-goed op die web

Eggo's in die Ruim - 'n e-bundel met sowat 22 gedigte

 

 

(**Kyk, ek weet ek praat eintlik twak - oor jare bly jy skaaf en slyp en poets aan die goed. Soos 'n ou skoen wat net nie wil blink genoeg nie. Party gedigte kom net nooit klaar. In ander weer kom die woorde skielik en bly vir ewig staan.)

 

Copyright © 2004-2011 Servaas de Kock
Last modified: 02 February, 2010