LEWENSBESKRYWING

VAN

Daniel Johannes du Plessis.

 Dal Josaphat   23 Aug., 1900.

 Op versoek van my geliefde Egtgenote,  Debora Gertruida du Plessis, geb. Du Toit,  gaan ek nou, so ver my geheue my getrou bly, en die liewe Heer wil, 'n kort verslag gee, tot aandenking vir my nageslag, van my korte lewensdae.

DIE EERSTE DAE.

Toen ek 'n kind was, (ek denk van 2 of 3 jaar) woon my ouers op Zoetendal, naby Wellington. Ek weet nog good hoe een van my broers my gedra het naar die peerbome, en dat in die voorhuis 'n watervat gestaan het, en ek daaraan opgeklim het en dat dit toen omgeval het, op my been, on die vloer toen vol bloed en water was. My Pa het my gedra. Later het my Ma my vertel dat die been af was; die holplek is daar vandag nog.                                         

Toen het my Pa die plaas verkoop, on later op die plaas Dreiersvlei gaaii woon.     Daar is ek meer tot wetenskap gekom.   Dr is my twede. suster, Louise [20.1.1835] gebore , on dr is ek, deur my ouers onderrig, tot wetenskap gekom van dood en ewigheid. Ek word toen vol angs en vrees. Een aand maak ons Ma vir ons 'n kermisbed op die grond, om dit so warm was. Ek l voor; die nag word ek wakker; ek sien daar staan 'n lang mens voor my. Ek kyk op, toen ek by sy gesig kom, kom daar vuurstrale uit sy mond; dit was lig in die kamer; hy had 'n ronde gesig, kort baard en gesplete lippe. Ek kon nie slaap nie. Ek het dit toen vertel, maar my Ma wou dit uit my kop praat. Ek was of ek gejaag word. Die aand kry ek 'n floute, sodat almal dag ek sterf! Ek word beter, maar van toen af sien ek allerlei akelige gesigte, on kon nie alleen wees nie. Ek denk dit het geduur tot my 10de jaar.  Ek bly angstig en onrustig om my siel, en ag my verlore! Ek word menigmaal benoud tot die dood; rnaar kon met my ouers nie praat, nie.

Ons woon toen at op die plaas Bartholorneusklip, dit het my Pa gekoop. Daar was ek en my broer David in 'n groot gevaar met 'n groot slang. Hy het ons byna gebyt. As ek aan die onversigtigheid denk, skaam ek my, en beef en vrees nog! Die liewe Heer sy gedank vir die bewaring! As kinders was ons so onbedag.  Ons pas vee op; onderkant die dam is 'n sloot; die vols vlieg en skree daar rond. Ons gaan kyk; daar leg 'n groot kapel slang. Toen hy ons sien kruip hy in 'n gat; ons spring in die sloot en vang hom aan syn stert; maar hy kruip al dieper in. Toen s ons, laat ons die sweep aan syn stert vas maak en toen ons besig was, kom syn kop terug, en ons loop hard. Ek het later groot spyt daarvan  gehad en was dankbaar dat die Here ons van die dood gered het.

Later kry ek swaar koorssiekte. Ek was in die o van my ouers 'n geruime tyd hopeloos. Toen ek beter word, moes ek gedra word; ek was soos 'n geraamte. Dit het 'n geruime tyd geduur eer ek weer fris was. Later had ek weer twee maal 'n sterk aanval van die koors; toen ek beter word, was ek maar weer as 'n gejaagde; 'beangs oor my siel. Een aand, ons moes almal na die ouderdom staan, as klaar met lees is, dan word die tien gebode, Psalme, Gesange, twaalf Artiekels en gebede opgeseg; toen klaar was, laat. my Pa Ps. 68: 10 sing, Toen die vers amper uit was word ek naar, maar is gou weer reg gekom, met die hoop, die Heer sal die uitkoms gee. Van daar was dan vrede, dan onrus en angs! Ek word begerig om Gods Woord te lees, en hoe sou ek daartoe kom? Die slawe was vry; my ouers is arm; die werk is veel; ons moet vee oppas; aan skool gaan is nie te denk; a, b, e,, ken ek uit my hoof; ek sal maar begin. My Ma gee my 'n a, b, c, boekie, maar daar is twee s en twee rrs; my Ma help my toen reg, en ek gaan met lus aan, in die hoop om eendag te kan lees. My boekie neem ek smorrens mee met my kossakkie agter die rug, en as ek saans tuis kom met die vee, vra ek weer aan my Ma wat ek nie weet nie.

Toen verkoop my Pa weer die plaas en gaan in 24  Rivier woon, op 'n veeplaas. Daar was ek wagter van 75 tot oor die 100 beeste, en was ook melk boer.

Eendag loop ek hard in 'n voetpad, en ek trap op 'n groot slang. Ek was stom van skrik, maar het niks oorgekom nie. Eendag gaan ek die beeste bymekaar maak; daar was drie bulle en as hulle bakly het, dan hou, die wat verloor, vir hom altemit 'n maand opsy; dan is by baie kwaai as by terug kom. Die een was dan uit die trop verjaag; toen ek hom sien. klim ek in 'n boom; ek skree na hom; hy kyk verwild en steek sy tong uit, en brul dat dit so dreun. Ook daar was ek in 'n groot gevaar! Ook was broer David en ek eendag onder in die vlei, ons sien twee bulle kom op ons af; hulle jaag mekaar; gelukkig daar was 'n rand met bosse en bome, en toen kom ons vry. So het die liewe Heer my menigmaal uit groot gevare gered, Hem sy die eer!

Toen word 'n klein buurte skool geopend, oorkant die rivier, 'n sterk halfuur te voet. 0! ek wil so graag skool gaan; dit word geskik; die ou meester beloof ek kan vroeg uitgaan, maar menigmaal vergeet hy; as die son amper op die berg is, dan seg by: Alla kinders, laat ons bidde! Dan loop ek hard en kom laat by die huis, en  moet dan nog tot 2 emmers melk in die huis bring; soms is dit al klaar met eet. Dan gebeur dit altemit dat daar van die beeste makeer. Nou moet ek maar die skool versuim en gaan soek in die klowe en berge.

So kom ek eendag waar 'n bees dood l, en wat sal ek sien? 'n Tier het een van ons honde doodgebyt en in een bos gesleep; die ander honde soek daar rond, maar daar is niks; ek het 'n sweep, en om nie op die tier te kom nie, dan klap ek, of  as ek my geweertjie het, dan skiet ek, om nie in gevaar te kom nie. So loop ek een dag weer ver langs die berg en skiet 'n reebok; daar was ek te sleg om dit te dra. Ek het gesukkel en was baie moeg. Ek gaan toen huistoe en s waar dit l. Toen hul dit gaan haal, sien my Pa dat sy 'n lammetjie had; die ander dag loop ek weer om te gaan kyk, toen ek op die plek kom, loop die groot honde hard na die bobbejane; een klein hondjie bly by my en jag daar rond, hy jaag die lammetjie uit en wil hom vang. Toen hy sien by sal nie voorbly nie, spring by om en wil die hondjie pomp; toen ek nader kom, loop hy hard en kom tussen my bene staan. Ek tel hom op, en ek dag so 'n stomme ding hy soek hulp by my, my hart was seer van jammerte.

Kyk kinders so wil die liewe Heer ook met ons maak, as die vyand kom en ons by Hem hulp soek, dan wil Hy ons ook in Sy arme neem. Ek het hom toen huistoe geneem, en aan 'n bok laat groot word. Toen hy groter word, gaan hy nie, as die bokke weggaan veld toe; maar as hy sien ek gaan weer huistoe; dan loop hy hard na my, en soas hy by my kom, loop hy om my en wil pomp.

Toen loop ek eendag hard en daar steek 'n stok in my voet, waar ek maande mee gesukkel het. So was ek die een dag in die skool en die ander dag weer nie. Die ou meester het later vertrek. Ek sien die ossewa ry; ek loop hard, en klim op die wa, en ry 'n end saam, en het hom toen gegroet, om hom hier op aarde nooit weer te sien nie! Ek het baie gehuil en omgekyk, want ek had hom lief! Hy was vir my ou Elie. Ek was toen weer 'n tyd lang hopeloos en ag my verlore.Ek had geen rus, en kon dit nergens vinde; ook verberg ek dit vir my ouers.

Eendag was ek weer so naar, en met eens was dit of dit lig word, O, ek was so bly! en  ek weet nie hoe kom. Ek het Jesus so lief, ek was so gelukkig!. Ek wil dit vertel, maar is bang en skaam. Ag, hoe menigmaal het ek die aanvalle van die satan ondervinde, maar altyd was die Heer by my.

My Pa het toen vertrek na die plaas Renostershoek. Daar was ek ook menigmaal in groot gevaar. Een dag was ek ver langs die berg by die osse; daar was 'n klipkop met 'n groot gat in; die hond blaf daarin en ek gaan ook in om te kyk; dit was 'n groot slang. Hy het die hond gebyt, en kort daarna was die hond dood. Daar het die Heer my weer gered. Eendag hoor ek die voltjies skree; daar kom 'n vreeslike geelslang; toen skiet ek hom en het gelukkig vry gekom.

Daar ek die jongste was van die vyf ouere broers, moes ek ingaan waar een kort kom. Daar was geen skaapwagter; toen moes ek meer as 'n jaar die skape en bokke oppas; tussen die 800 of 900; dit was my so treurig, om di mre weg te gaan met my sakkie kos agter die rug, en die aand weer terug sonder 'n mens te sien, so in die ruwe bosveld waar ek altyd moet vrees, vir die tiere en jakhalse, dat hulle die vee sal vang.

 

 

 

Voorblad Vorige Bladsy 1-4 Bladsy 5-9 Bladsy 10-15 Bladsy 16-19 Register