Lewensbeskrywing van Daniel Johannes Du Plessis

f6    Daniel Johannes  28.4.1830  +22.1.1918  x Anna Johanna Malan 1.3.1832 + 2.1.1875  xx 5.2.1875 Debora Gertruida (Borrie) du Toit  13.2.1834 + 8.8.1915.

Daniel Johannes is 'n jonger broer van Jan Gabriel. Die Lewensbeskrywing hier onder vind ek tussen my Oom Boet (AJ Greyvenstein) se navorsing. Alhoewel dit nie direk verband hou met Jan Gabriel se nageslag, kan ek nie anders as om hierdie juweel vir ander beskikbaar te stel nie. Dit is 'n wonderlike stukkie "Afrikana"' wat insig geen in die daaglikse bestaan van gewonde mense. Hulle swaarkry, lief en leed. Hul onwrikbare geloof in hul God.  En Daniel Johannes doen dit sonder opsmuk in die taal van die gewone mense en wys hoe ons Taal ontwikkel het.

Waar die boekie vandaan kom en wie dit oorspronklik getik en gebind het, weet ek nie. Die naam Gertruida Grobbelaar verskyn wel in potlood in AJG se handskrif agterop. Gertruida Minie was 'n dogter van Daniel J en het met Cornelius Grobbelaar getrou. Sy is die een wat hom (Daniel Johannes) tot sy dood versorg het. Dalk is dit haar handewerk.

Ek gee die inhoud verbatum weer, die taal, spelling en punktuasie net soos dit was. Notas in vierkant hakkies is deur my bygevoeg ter inligting terwyl dubbel vierkant hakkies dui op aantekeninge iemand in die kantlyn aangebring het.

Servaas de Kock

 

 

Begin Lees

 

Voorblad Inleiding Daniel Johannes