nog 'n bietjie liefde

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Balans

 

Jy weef vir my 'n tjalie

en hemp

van ragfyn sy en satyn

 

Ek droog vir jou pampoene

vol pitte

wat vrot in die dou en son

 

Jou hande meng die vleis

en spesery

tot heerlik kool en frikkadel

 

Ek plant die saad groen muf

en skel

oes emmers dro kluite grond

 

Jy stook die druiwesap se sop

en bottel

suiwer voggies vir die vreugdedors

 

Ek suip die blits en vloek die kok

breek kleinood

trots van ma se ma, se moer, befok.

 

Tog

 

Jy jaag my aan so lekker

vir geluk

Ek laat jou staar soos altyd

verwelk

verblom.

 

 

1/2003 - Die gedienstigheid van die vrou het my altyd verstom totdat ek besef het watter geweldige evolusionele voordele daarin is vir haar gene....
(vra maar vir die verduideling)

Mango advertensie

As sweet en swym
dreig
om ure se wellus
en drif
tot irritasie te laat kwyn:

Eet 'n mango!

Die soet geel vlees...
vir ekstra korrasie
die fraaiing sappies vrylik...
vir beter lubrikasie
en die veselpit strategies...
vir verhoogde sensasie

 En as kollega kantoor toe kom
en walms mango hang daar om
glimlag haar maar vriendelik toe
verseker weet jy dis taboe
om uit te wy en te berig
oor die wondere van die veselvrug.

~~ liewe leser, probeer gerus. Geborg deur Dick & Patty se Bargain Corner Fruit Store.

 

Storm  

 

Die woeste noordwester
verwoes
die wil van die skip
wrik en wring 
die wese uit die wrak
en die water woel
donker borrels 
swart klou-olie na bo
as dit sink.

 

Dan: 
doem die profeet
tel die verlies
suip die kaptein
dooi die kuikens

 

En: 
ons huil vir die pikkewyn
wat nie die Kaap kon haal .

 

~~ Ons woeste vernietiging van die aarde ken geen perke. Ons tjank oor 'n pikkewyn en verdruk die Palestyn.

 

Ego van die ontmande  

 

Hoe sal jy my ooit onthou

as ek al lank verwaaid is

my as deur wind gestrooi

en jy nog lank nie koud is

en steeds nog kinders baar

 

Wat sal jy hul durf vertel

van al ons lelie jare

en van ons wonder hel.

 

~~ miskien is daar iets te s vir wettige poligamie in 'n "beskaafde" samelewing.

Lippetaal

 

Lip, lipper, lipste

drie koeie muteer op 'n ry

 

Tong, tonger, tongste

ek soek jou, ek kry jou, vir my

 

Stok, stokker, stokste

die bul se horing bleekblou

 

Vy, vyer, vyste

jy soek my, jy kry my, vir jou

 

aap, aper, aapste

streke vol melk en kalweroog nat

 

kom, kommer, komkommerste

dan sien ons almal se gat

 

kooi, kooier, kooiste

ek slaap nou, jy slaap nou, vir eers

te mooi.

 

12/2002 - Gekloon raak seks nou sport, sport raak werk, werk raak selfoon.

 

 

Boet-vaardig  

 

Oranje blanje blou se moer

skree

ons vlag mos renboog bont

of hoe

verlede probeer vergete

as pa vir ma vlag

l sy mooi op die groen streep

brom-brom

kyk hoe vergeet ons die verlede

my bruin sussie

boet vir ons wit sonde

kastig piering in die hand

omvlag

die nuwe goede gawe gewer

die voete droog wat dan regeer

 

~~ Ons is 'n wonderlike nuwe land met 'n baie mooi nuwe flag. Nou flag ons mekaar wettig.

Verdiende Loon  

 

Meneer

ek gee hand

vir n sjieling of n bob

fok my vir n kroon se loon

 

Ai dankie meneer

ek krepeer

maak soos jy wil, maar maak tog net gou

as die skip kom, staan die manne tou

 

Winter

O God

dis koud hier onder die highway brug

waar vreemdes mekaar blindelings soek

 

~~ miskien moet ek 'n aktivis word. Beddens met lakens en heaters en pie pot by die kaai installeer hierdie mense word s verniel.

 

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies