die dinge van mense

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Oog sonder lede

 

'n Gevriesde hond

hang in die slaghuis

vermom soos 'n skaap

en loer

deur die venster

waar voetgangers

soos worsies vir ete hom aangaap

 

Die afkopbees

kerf haasvleis fyn tot blokkies

soek sy hoed en kloutjies

gryp sy tong in pekelsout gedraai

maak sy ribbes bymekaar

vir t-bene in 'n ry vir die braai

 

Die hoender wink die katte nader

vir sy hart sy maag en lewer

kry sy stert gepluk en gat gestop

met origanum en jenewer

vou sy vlerke breed agter bors vernaam

knieŽ geamputeerd omhoog gebeur

eers onder die rooster in vir ekstra geur

 

Maar die meester vat die prys:

op silwer skinkbord kunstig getooi

vriendlike tande skoon geskrop

snoet gekrap, bestrik, bekous

die vark se brein met die kop

en oŽ wat ewig staar

deur smaaklekker gladde sous.

 

7/2002 - Wat 15 jaar gelede begin het as 'n stukkie bizardieka het - danksy Ronel de Goede se aanpor - verander in 'n Dali kombuis-slaghuis

 

 Verslaggeefster

 

Sy kom daar aan
met haar halfvol bra
en moedertjie blom outfit
net betyds vir die fees

Maar ons eet kerrie en geelrys
terwyl sy soek na olywe en dadels

pik aan 'n hoender pasteitjie
snuif aan 'n miniatuur worsie
aan 'n stokkie met mosterd
en wonder of die goed gesond is.

Tyd vir werk!
Sy tree aan met notaboekie en keelskuif.

Heng hoe moes sż weet dit is
die ou se vrou se begrafnis?

2005 - Joernaliste is 'n spesie van hul eie.

 

Rympie van die eeu  

 

Sannie het 'n plan

en speel met Jannie by die dam

 

Alles bly tog ongeskonde

want broek aftrek is nog nie sonde

 

Kaalie en Katoog bekyk mekaar

want eendag sal hul saam baljaar

 

Dan is hul vir niks meer bang

Sannie kry 'n lam.

 

1969 - En steeds stry ons oor aborsies en kondome in die nuwe millennium.

 

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies