arme leunstoel filosoof (sic)

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

1985

 

En nou

'n duisend jaar later

Woodstock

Orwell

Boesak

JR

ten spyt

 

weet ons vir seker

dat niks onder hierdie son ooit nuut is

en dat niks vir altyd dieselfde bly

 

 

1985 - Kan iemand dit nog onthou? 

 

 

Mens  

 

is maar net so nederig

as jou vermoŽ om

jou eiewaan te verberg

 

en net so slim

as wat neurone jou toelaat om

jou situasie te rasionaliseer

  

14/5/2000 - En voor tronk se deur glo die priester nou skielik hy is onskuldig.

'n komeet skram by die aarde verby.

Ons

 

Wat is ons meer as net 'n asem

'n kreun, 'n sug

gebabbel as ons praat

bloed as ons haat

wind, water

wasem.

   

25.5.1999 - Ek hou my hond vas en hoor hom rustig asem haal.

 

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies