die geloof van mense

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Die Draers van die Kruis en andere

 

is oral

 

vermenigvuldig

ooreenkomstig hul

abrahamale roeping

en plig

 

kondome aborteer onheilig

 

voel vere vir voŽls, visse en barbare

regeer oor alles

selfs onder die water

of in die lug

tel eerste

skiet eerste

vra later

 

kondomale aborsies  met 'n pil in die bek

 

vermoor gesin

en dan homself

verskoon tog liewe heer

ek kon nie meer

was die bliksem in met jou plan

En knikkend met knoppe

en eerbetoon getooi

word in 'n graf laat sak

twee groot kiste

en drie klein.

 

aborteer kondome heilig?

of hoekom ontrek ons nie betyds

 

~1992 - Na nog 'n koerantberig...

.

 Kruis 9/11

 

Die telefoonpaal kruis

waaroor twee drade vonk

met klanke

en woorde

met gevoeltes

en smart

 

kletse en klagte

trane en treurmare

beloftes en behoeftes

soene en soebats

suiglekkers en seks

kwyl en koggermanders

bliksems en blikore

en almal hello en goebaai

een helse lawaai

en dis waar die eeu nou draai

 

Maar die swaard omkruis ook die hande

 

tik klas

deel mag

eis gesag

moor en veg

verkeerd of reg

 

verdeel hompe vark vir die spens

versier diewe se hande aan trossies

laat die moordenaar se kop rol

die skuldenaar sy skuld betaal

die moeder beperk haar kind fetaal

 

En toe kom 'n man op 'n kruis

hy is God die vader en die seun

vereis vrede sonder vreugde

en dwing met swaard en perd en kruis

en boek en bloed en kiemspoor

soos 'n vark sal ek jou moor

terwyl engele in die hemel koor

 

met vraatsugtige spoed

word hemel die hel

soos hekse verbrand

haar vet verteer

haar geld verdeel

soos die sondaar sy lewe boet

sy vrou verkrag

sy kinders gesteel

sy einde gereel

 

Die eienaars van 'n plat aarde

plant neon kruise op koppies

in 'n ronde heelal

met onwettige tyd

en ongeldige wette

ja, selfs Galileo buig sy hoof

eerbiedig maar in ongeloof

 

Toe kruis die vliegtuig se vlerk en gebou se pad

en dis nag

die man met baard lag.

 

 

11 September 2001 - Fok weet, daar is baie mense op aarde wat nie weet dis rond.

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies