wie het ons gemaak

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Made in Africa

 

Evolusie:

en adam gryp sy God

skree: kyk daar!

dink jy ek's 'n bobbejaan!

 

Liewe land, maar so 'n ding

kan moeilik word
as niemand daai eersteling
ken, of weet waar hy vandaan sou kom.

 

maar adam dui sy naeltje aan

sy vinger na die gat waaruit

eva glo sou beur met kreungebaar

voortgebring uit God se hand.

 

Grote hel, hoe's dit moontlik:

aseptiese konsepsie en geboorte.

Selfs Maria weet dis bog.

Dinge gebeur tog stap vir stap.

Oorsake voor gevolge.

 

adam klop sy bors

sy ego groot en blink van skyn

perfek gevorm na God se lyn

geen wonder daar is soveel krag

in sy wese en sy mag!

 

Liewe hemel, ons is half geskape

Half gevrekte, lui barbare

Vol puisies, haat en malligheid

Geen einde aan ons vrotsigheid.

 

'n Ewigheid stry adam steeds,

terwyl almal sonder twyfel weet -

filosoof en fisikus,

polisieman en medikus,

selfs teoloog en bioloog:

dat ons veel beter gemaak kon wees.

 

 

10/5/01 - Die evolusie debat duur voort - ad in finitum - terwyl daar nog nie een enkele bewys is om van die teendeel te getuig.

 (Liewe Here, help kyk vir my

Hoe kan ek tog eva vry

as ek hierdie ribbebeen van my

net op die regte plek in kan kry.)

 

So spreek die here

 

Daar sal eendag rekenare wees

waarop digters

met gemak hul woorde kan

uitvee, skuif, vorm, kwis

 

Voor die monitor sal digters

hul dae slyt

hul oë rooi

hul vingers tam

 

En daar sal digters wees met

vet vingers krom

wat oor qwerty sleutels glip

en genadiglik

die spell-checker verlede tyd

deel tyd maak

 

Ja, wragtag

uit kreukel breine sal hulle

‘wonderwerke skep

tussen engels, kaaps

en vername afrikaans

 

en eendag

sal digters 

met woorde toor

bęre in leërs met name

so veel dat geen siel dit ooit

alles sal kan lees

of hoor

 

Hulle sal die toekoms

probeer verstaan

en die verlede bepaal

saadjies saai 

waar bome wegwaai

duisende siele sal deel

in die hemelse geheel

wat groter sal wees

as die enkeling se gees.

 

En eendag sal ek rus

want ek sal tevrede wees

Trust my.

 

31/12/2000 - By die aanbreek van die nuwe millennium.  

 

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies