oorlog is eensaam

My Tuiste

Klagtes

Robert Capa 1945

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Soldaat

 

Die granaat in jou hand

is soos lood

terwyl jy dit vasdruk

diep in jou skoot.

 

Daar is bloed aan jou wang

waar jou oog aan vesels dun hang.

 

En tussen jou tande die ring

van die pen wat groenig glim.

 

En sonder lippe die lag

terwyl jy wag vir die slag.

   

1984 - Serwiese droombeeld. Drogbeeld? Of iewers in die Ardenne?

 

 Kind

(type 2, version 2)

 

Sy boepens

brul

en pyn

dis honger

 

Sy naeltjie bult

vergete

van verlore

parentale sorg

 

Sy angoolse gesig

doringbos vaal

kleirooi ovaal

oud soos die stryd

 

Sy bruin oŽ

gespoke

verbroke

koud voor sy tyd.

 

Terwyl uitlaatgasse

en afval

vir oulaas

deur oopgesperde neusweŽ

migreer....

 

 

18/5/01 - I'll take you there and leave you...

By gebrek aan brood eet ons UN en leef ons de Sade..

 

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies