net 'n bietjie liefde

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Ontbyt

 

Die geluide van vis-

en vleissmeer

klop die donker op

 

oor lemoensap

wat stik in die keel

en selfbewus

met koue mes die botter skil

en goue sonstrale breek verspil

 

Die eier se olie se reuk se klou

walg

aan my baadjie se hemp se mou

 

maar jou wimpers val plat

as jou vrae na soek na my o

jou o sien in die vreemde

van die oggend daarna.

 

8/12/02 - Een-saam op Standerton. 

 

Liezl

 

Jy gryp die derm van my hart

maak my verspot mak

'n honger aap op tou

wil jou aandag hou

my knersvarkie

bitter bog

die taal wat jy praat

 

vaak

stukkend

totally weg!

 

hoe op aarde

kan ek jou

vir ewig

so hou?

 

 

12.3.95

Hoe beskyf 'n volwasse man sy liefde vir 'n jong kind. Dat hy haar wil beskerm. Koester. Net die beste wil verseker. Verwonderd en verward in haar grootword

en ontwaking - 'n amperse erotiese proses.

 

Travolta-blues

 

Ek vinkel met die lyf

sy dans uitgekeer

emosies ingekeer

 

Hy sit eenkant en lag

vriendelik en wag

op haar en my

terwyl

 

Ek rinkel met die lyf

op wilde Travolta maat

met Saterdagaand vuur

 

Sy kinkel en wimpel

Hy geduldig en plan

Ek dink ek plan

nog drankies word gewinkel

 

En vriendelik genooi na die huis

So behep met haar en haar lyf

wonder nie eens oor hom

en hoekom ...

 

Ek word wakker uit n swymeling

lekker afgeruk en nat

deur die weer

deur hom.

 

Dit is volbring ...

 

En in die kombuis sit sy steeds

alleen by die tafel

pas sy nanag se le glase op

leeg soos haar gebroke gemoed

vuiste wring in haar verwerpte skoot

en planne maak vir haar dood

 

 

ca 1966

EK het weggestap die nag in en n paar maande later verneem sy het selfmoord gepleeg. Ek het steeds nie haar naam geken.

 

 

 

Sablief Menee

Ek was reeds siewe maande met die lyf
Toe gryp ou Soois die spaarblik uit my hand
klap my windskeef met die vuis
en met ons leste pond of wat
"Ek gaan oorlog toe vir onse land"
trap hy die voordeur uit die huis.

Ek was steeds siewe maande met die lyf
Toe ga claim ek vir support
Om net te hoor Soois is dood verdrink
Van die dronk by die hawe
van die skip innie wate
Nog voor sy oorlog het begin

Ek was steeds siewe maande met die lyf
Kyk Menee, Fransie l daar onner die boom
Hy kwyl en ruk ma so van kleintyd af
Hys man ma ek moet hom elke dag nog was
En stert afvee daar op die gras

Ag Menee, Meidjie is net drie
Sy weet skaars van sakdoeke en pie
Wat nog van mansbroeke en stryk
so 'n liewe kind, haar kan ek jou nie gie

My Johnny hy is nou net tien
Hy verkoop koerante en is al een
wat altyd vir sy ma iets kan verdien
ek wil so graag voortanne koop
en in die spiel my eie smile ook sien

Kyk hier, Maggie doen goed met die leer
Op dertien blom sy en ek moet keer
Dat sy op skool bly en nie verdwaal
Straataf tussen skollies en die kwaad
Sies Menee, hou jou pote van ha boude af!

Ag Menee kyk
Ek is reeds ag maande met die lyf
Wat kan ek tog doen om jou iets te wys
Jou bolletjies hou, jou hardehout kou
Nog 'n bietjie skommel lat jy grom
Elke wiek as jy vir die rent om kom

Asseblief Menee
Ek is reeds niege maande met die lyf
weet jy wil my by die huis uitsmyt
Baby se kop kom nou, so jy moet gou
Menee, jy maak so seer ek kan skyt
Ma asseblief, Menee
Los tog net my kinners yt.

14/1/2001
Met hierdie woorde/beelde word ek wakker.
Ek sweer dit het beter geklink voor ek dit op papier kon sit. Dit na 2000 se Groote Verseboek-bybel die vorige aand.

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies