dinge van diere

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

Blikkiesleeu

 

Vandag lewer oupa sy beste vertoning

nie vir baldadige kinders

of wulpse wyfies

of langlens kameras

maar vir die adrenalien gepompte

gryskop toeris

uit die land van Bach

en sy punt drie nul agt

 

Nog half verdoof

en seerstert

gesleep na die boom

vir die kabel om die been

en perfekte agtergrond

van berg en bos en blou

net reg vir die show.

 

Op maat van die sonbesies

haal sy flanke dors asem

verlang hy.....

na koel water uit die seekoeigat

verwonder hom....

aan die dowwe beelde

vreemde reuke van olie en drank

versteur....

deur klanke van metaal en kruit

en wit plof sy brein vir ewig uit.

 

~ Terwyl Afrika sy kinders verlaat.

Olifant  

 

Wat het jy hier kom soek

in die rooi sand

op die swart klip

van dorre Kaokoveld?

 

Het jy kom loer

vir die Ovahimba vrou

met die kaal tet

en haarvlegsels

van modder en vet

 

Het jy dan vergeet

jou grond is verpand

hier hoort jy nie meer

na die wildtuin by die pan

dis beter vir jou, ons weet

hier tjop tjoppers sand tot stof

hier kloon generaals die dood

en die lewe die lood

 

Het jy dan vergeet

van die landmyne waar jy loop!

 

Wie kan jou nou help

met jou agterbeen weggeblaas

en jy op jou sy lÍ verdwaas

op 'n hoop

in 'n donker kol soos jy bloei

en die lewe uit jou liggaam vloei

 

~ En Afrika het nie 'n saak. Of ons nou waghonde se oŽ uitsteek, beeste se hakskeensenings afkap of 'n selfoon vir 'n skoot deur die hart verruil.

 

Beer-aas  

 

Dink aan die jong beer
met die mentaliteit van 'n kind

na die middel van die kring
vol vertroue in sy baas gebring...

Die skare dans
skree en  jil
terwyl woeste bekke bloedig byt

en hy
sonder naels en tande
maar net kan lÍ en gil.....

Gil dat ek ril....

 

6/4/97 - Pas die program oor bear baiting op tv program Carteblanche gesien. Wat 'n f'n gruwel. Gaan die mensdom ooit grootword? Die antwoord weet ek is: NEE.

.

 
My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies