ek s sonder sukses

My Tuiste

Klagtes

Indeksblad

Ons Taal

Ons Liefde

Oorlog

Maaksel

Geloof

Filosoof

Mense

Lirieke

Nog Liefde

Diere

My taal is my eie

 

Ek skryf geen dig of diggoed

bloot gedagtes op papier

vir myself

op my manier

 

Want ek het geen tyd

vir die letterkundige laaities 

en mammies wat nie naaitjies

in departementele gange

die lewe stowwerig slyt

en betekenis probeer wek

uit woorde wat nooit was 

of lewe blaas in sinne

net om reg pas

 

Die taal word gepraat

of jy djy is maak nie saak

en watter taalkundige kruisiging jy daar aan sjee

sal my nog minder traak.

 

Dis hoe ons dit voel en huil

en hoor

hoe ons dit stres en kreun

in die oop vars lug van ons gees

in die mega ruimtes

van my en jou brein.

 

Buite die bedraakte brein

bepruimde mond

ja, buite die goor ruik 

van jou mytbevolkte kantoor.

 

10/5/98 - Vir die fool wat wou h Tolla moes eerder soos Riaan  praat.

My versies

 

Hierdie woorde 

is my versies 

nie 'n poging 

om letterkunde

te pleeg

 

dis my

snap shots

uit 'n lewe

 

Dis my 

dinke 

uit denke 

 

dis my 

monument 

van 'n moment

uit die heelal se uur.

 

11/8/95 - Want my bestaan is net 'n blip in die oneindige gang van tyd.

Die letterkunde

 

het geen permanensie 

het geen waarheid

het geen verdediging

het geen eksakte funksie

het geen bestaansreg

 

in werklikheid

beteken dit

net so min

as die lawaai op

Wallstraat

aandele

mark

vloer

 

'n rumoer

van 'n paar uile wat

soos duiwe

wil saam hurk

en probeer koer. 

 

Maar die Taal.

Ons Taal,

Dis n ander storie.

  

11/8/95 - miskien is dit die rede van my gebrek aan enige sukses met enigiets wat ek skryf.

Het geen respek vir tale of die uile wat dit propageer. Ou Droogte (my liewe afrikaanse onderwyser) draai om in sy graf, maar dit s nie wat ek bedoel nie! - en dis ook 'n ander storie.

Verstaan my goed: Miljoene sal die Taal praat in ons land en mekaar goed verstaan. Of daar nou duisend taal departemente in Potch is en 'n hele klomp in die Kaap.  Sulke strukture bied niks anders as skuiling aan skrywers om in rus en vrede en 'n vol maag, op staats onkoste hul roeping te volg.

In beginsel is daar niks mee verkeerd met 'n parasitiese bestaan. Baie Belangrike Geeste het so gesaai en met of sonder persoonlike sukses, gemaai. 

Dit is die skynheiligheid en die kunsmatigheid wat my pla. Die chroom en plastiese goud.

(Baie van my siek taalgebruik is moedswillig; ander uit slegte gewoonte of onkunde.)

 

My Tuiste

Volgende Blad

Bekgeveg, Galbraak of Drukkies