Kinderdae 9
Home Up Contents Feedback My Photos I support... Search results

 

Home
Up
Koi Articles
Koi Books
Photo Library
My versies
Genealogie
My Writing
Sanae 14
You Don't...

Things you may need...

Look here...

 

 

Books and things...

GPS...

 


DVDs...

 



Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

 

Mis. Hierdie foto is van die huis se dak geneem ( 2de Weg No 13).

... kom ons rook eers 'n stopsel pyp.

Hoek van 7de Straat en 13de Weg (nou is name verander) Die eerste verkeerslig is hier aangeskakel.
  K
atolieke Kerk se toring op die agtergrond (langs Vigo Lund?)

Het eenkeer in die toring van die Katolieke Kerk opgeklim en die fotos geneem.  Rigting na die suide. Die bre 7de Straat was van die min wat geteer was. Dit was die plek waar ons stompies langs die sypaadjie kon optel.  Di  is versamel,  oopgebreek en die tabak in Ma se glass custard-beker gemeng. Dan is mooi sigarette daarvan gerol.

Na 13de Weg se munisipale kantore se kant. Daar agter is die speelgrond van Hoogenhout Laerskool.  Ons het Open-da-gates,  Chevs-en-Fords onder andere daar gespeel.
Die hawe en stasie na die westekant.

Huise in Walvis. Dakke plat en van hout met n Rubbertex bedekking aangerol.  Geen geute was nodig.  Sukkel bietjie om hulle te eien.  Dink bo links was die huis van Dennis Crooks in 10de Straat.  Vriendelike Oom Dennis het die Rhodesian Sweepstakes gewen die enorme bedrag van 30,000 pond.  

Die trein voor die stasie, die anker voor die yacht club.

Die nuwe NG Kerk waaroor daar baie gestry is in menige huis.

Die woonstelblok in die lagoon-area. Wat was sy naam? Dit is 4de Straat en die Esplanade wat ons daar sien.

Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

 

         

Copyright 2004-2011 Servaas de Kock
Last modified: 28 May, 2011