Kinderdae 5
Home Up Contents Feedback My Photos I support... Search results

 

Home
Up
Koi Articles
Koi Books
Photo Library
My versies
Genealogie
My Writing
Sanae 14
You Don't...

Things you may need...

Look here...

 

 

Books and things...

GPS...

 


DVDs...

 



Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

Hier is nog 'n aflewering kiekies uit ons kinderdae in Walvisbaai - so 1954 tot 1966.
(Voel vry om my reg te help.)

 


Die net kom in, daar is te veel vis en die Helena D word geroep om te kom help

 

Dit is baie gevaarlik om "bo-lyn te vat"

  

Almal skep mildelik

Die ruime word vol, maar vandag “loop” ŕl twee huis toe met ‘n “dek load”

Die Helen D  “loop” diep in die water

 

Soms is my kamera ook saam as hulle gaan visvang. Oom Petro Spamer se treilers Danie Theron en later ook Gideon Scheepers was groter as die Happiness (wat hy eers die skipper van was?) Hulle het diens gedoen vir WBCC, Walvis Bay Canning Company, waar my Pa gewerk het.

Daar was ses pilchard fabrieke en een vir witvis. Daar is twintig bote per pilchard fabriek toegelaat. WBCC het daardie dae ‘n kwota van 46 875 ton vis per seisoen gehad. Dit was 18,75% van die totale kwota.

Die dorp was vooruitstrewend weens sy visbron en van oral is daar gekom om te skep van die oorvloed. Groot fabriek bote van Portugal, Rusland, China, Chile ens. het buite die gebiedswater geplunder. Teen die tyd (1982) dat die gebiedswater van 3 seemyl na 12 seemyl (22 km) vergroot is, is die skade reeds gedoen en sou dinge nooit behoorlik herstel. Die lewensbloed van Walvisbaai is permanent verdun.

Die Lugman se Shackleton het op sy daagliks patrollie verby gedreun, Noord as dit van Kaapstad se Ysterplaat na Kunene vlieg en suid as dit weer terug kom. Een of twee keer per dag?.

Wie onthou ook nog die vistreilers Langeveld van Johnny Eigelaar,  Deerness van Freddie Eigelaar, Happiness, Fifeness en Skipness?. Lees gerus die verhaal van visvang in Walvis Pitchard Fever. Dit is 'n pdf lęer - laai dit af.

 

Petro Spamer John Newman Johnny Eigelaar

Die Russiese fabrieksboot Simferepol (sic) loop aan wal op die sandbanke naby Pelical Point as bewys hoe lekker word daar aan ons bronne gestroop. Die visvabriek reel 'n uitstappie vir sy werkers in die middag na werk.
Die wyn gaan ook saam.
Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

 

         

Copyright © 2004-2011 Servaas de Kock
Last modified: 01 October, 2011