Kinderdae 3
Home Up Contents Feedback My Photos I support... Search results

 

Home
Up
Koi Articles
Koi Books
Photo Library
My versies
Genealogie
My Writing
Sanae 14
You Don't...

Things you may need...

Look here...

 

 

Books and things...

GPS...

 


DVDs...

 



Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

Hier is kiekies uit ons kinderdae in Walvisbaai - so 1954 tot 1966.
(As my geheue my faal, help asseblief.)

 

Frans Grobler vat die gap. Ons kyk net en gil.

Maria du Plooy en Kobie Herlé

 

Frans Grobler druk 'n drie met Dawid Conradie wat hom ry om die nek

DIt wat nog nie sonde nie.

 

Kosie maak spiere. Foto sessie, Wat was sy van?

Hy het dikwels met sy fiets verby gery. Ons het toe nog in die visfabriek se huise in 5de Straat Wes No 13 gebly. Skat so 1960-61. Later agtergekom hy werk by die Stadraad se tuine.
Toe die huise in Walvisbaai vir die eerste keer straatnommers kry, het hulle gevra of No 13 aanvaarbaar vir Ma was. Ek onthou nog haar woorde. "Natuurlik. Ek is mos nie bygelowig nie"

 Ria Spamer en 'n baie vriendelike dogter (?Hannelie).  Hy wat my voor die klavier so verwonderd aankyk, dink ek was Kobus. Hy boer nou naby Swellendam op die plaas van Oom Petro Spamer. Ant Ria is in Stilbaai.
(Die storie van Oom Petro Spamer plaas ek elders)

Janey Neetling?

Jannie Enslin, sy broertjie en ek is een keer met ons drie bote by die lagoon uit en 'n end die baai om gevaar tot by die eerste boei. Daar tent opgeslaan en die wêreld bekyk. Hier het ek amper verdrink toe my boot deur die sterk westewind weggesleep is diepsee toe.

Ons het dikwels gaan "kamp" met ons bote op die lagoon. Daar anker gegooi, kos gemaak, en die dinge gemaak wat kinders maak. Aan die anderkant van die bek van die lagoon  was daar 'n groot hout struktuur soos van 'n platboom boot of vlot. Baie gewonder wat dit was.

My nuwe boot, Gina, is behoorlik beplan, maar het baie lank geneem om klaar te kom. Teen daardie tyd was die aantrekkingskrag van die lagoon minder aanloklik. Miskien net in ander dinge begin belangstel.

Ken julle van die rokers met die lang sigarette nog? Hulle was 'n klas jonger glo ek. Dit is by die "nuwe" swembad geneem. 
Maria du Plooy (Riekie) herken Tinus van Zyl, Japie de Jager, Ernie Volskenk en John Whitehead, (?) De Klerk en  Andre Swanepoel hier - Dankie
Ek het toe by die kafee gewerk.  Die inkomste het gehelp met die koste van my eie rookgewoonte
Die Esplanade Kafee is deur Van Niekerks besit. My rookgewoonte so onderhou. Later het Maria Du Plooy ook daar gewerk.
Hier ontspan Faith Steward en haar polisiman op die gras.
Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

 

         

Copyright © 2004-2011 Servaas de Kock
Last modified: 18 June, 2011