Kinderdae
Home Up Contents Feedback My Photos I support... Search results

 

Home
Up
Koi Articles
Koi Books
Photo Library
My versies
Genealogie
My Writing
Sanae 14
You Don't...

Things you may need...

Look here...

 

 

Books and things...

GPS...

 


DVDs...

 



Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

 

Kinderdae in Walvisbaai, nou in Namibië, toe Suidwes-Afrika
Iewers vanaf 1954 tot 1966

My Ma het 'n Brownie gehad en wou ons altyd afneem.  Ek was van dat ek kan onthou met kameras deurmekaar en het dit oral saamgedra, foto's geneem en foto self ontwikkel in my donkerkamer-laborarium. Baie skaars geld is gebruik vir kameras, toerusting, boeke en chemikalieë. Al het ek soms raas gekry omdat die apteekrekening te hoog was, het ek geweet sy gee eintlik nie om nie. Dit hou my uit die kwaad, het sy geglo. Vandag vorm dit ‘n verbasende rekord van ‘n tyd wat verby is.

Foto’s is almal self ontwikkel en vergroot. Amper almal self geneem. Hier is sommige geskandeer en met min of geen Photoshop aangebied. Dalk onthou julle van die mense. Dalk verlang julle ook.

Duine-ry by Duin Sewe was toe al gewild

Duin Sewe oor 'n naweek voor televisie

 

Bonnie en ek met vangste. Ons het vis gevang vir die vale. Pylsterte en haaie, steenbras en babers in die Walvisbaai lagoon, steenbras kabeljou by Myl 70. Ons het skandelik met vis gemors. St Joseph's haai met die kaal hande in die vlak water vasgekeer. Kabeljou was volop langs die kus op. Kan vandag nog nie visvang nie – Dit was te maklik om aas aan ‘n hoek te sit met positiewe resultate.

Kabeljou - vars van die strand

Dit was ‘n soort massa moord. Vandag sou dit as brutaal, vermorsing en selfs sadisties beskou kan word. Tant Sarah De Jager kon dit beaam.

Maar vis was ons lewe en die reuk van vis en vismeel van die sewe fabrieke was heerlik.  

Broer Kobus, Tannie June Finch en Pa in Hentiesbaai - dink dit was Desember 1961 toe ek vir die eerste keer moes ophou rook het met Pa en Ma se aanpor, "jy gaan nou grootskool toe", en pille vir die craving)

Hentiesbaai. Estie Eigelaar (?) Martha Eigelaar (Raddie se vrou) en ?.
Agter is die two-tone 1956 Chevrolet, die opvolger van die 1939-model wat ons Walvis toe geneem het.

 June Botha (nou Du Toit) en haar Boetie Louis het nie omgegee om vir my te sit. (Bure in 2de Weg) Oulik.

Ek onthou haar naam glad nie, maar my hart word sag en week. Wie was sy? (Iemand dink dalk Ester Gouws)

Ek en broer Nelis speel op die nuwe sand van die dredger waar die nuwe hawe sou gebou word.
Die ou hout jetty skuins voor John Newman se huis sou heeltemal verswelg word.

En die meisie? Tannie met haar hond
Bladsy 1   Bladsy 2   Bladsy 3   Bladsy 4   Bladsy 5   Bladsy 6   Bladsy 7   Bladsy 8   Bladsy 9

 

         

Copyright © 2004-2011 Servaas de Kock
Last modified: 17 June, 2011